Sementpryse kelder ontwikkelings in Nigerië

Eiendomsontwikkelaars in Nigerië sê die verbod op sement-invoere het ‘n wesenlike impak op die koste van bouprojekte in die land. Luidens berigte uit Lagos het die prys vir ‘n 50-kilogram sak van 92 Namibiese doller verlede jaar in November gestyg tot net meer as 133 doller. Wetgewers in die land sê die dominansie van 3 vervaardigers, Dangote, Lafarge en BUA stoot die prys op. Kenners meen die verbod op invoere wat reeds 20 jaar in plek is, gelig moet word. Konstruksie word as een van die sektore ge-ag wat werkloosheid in daardie land kan verlig.