Dinge was geil by Eskom

Volgens Suid-Afrikaanse media het dinge geil gegaan by Eskom. Luidens die jongste berigte het Abram Masango, een van die kragvoorsiener se mees senior uitvoerende hoofde en wie oorsig oor die Kusile-projek gehad het, ‘n huis in Pretoria en ‘n 600 000 Namibiese doller luukse voertuig geëis van maatskappye wat besigheid met Eskom gedoen het. Daar word berig dat hy ook probeer het om die geld vir ‘n deposito vir ‘n huis in die Mooikloof-landgoed in George by ‘n maatskappy te bekom. Die maatskappy sou die kontrak vir die vervoer van konstruksie werkers by Kusile ontvang het.