Biden sê Israel, Palestina het beide gelyke reg tot vrede

Reaksie word ontvang op berigte dat die Amerikaanse President Joe Biden gesê het dat beide Israel en Palestina gelyke reg het tot vryheid en vrede. Dit is die eerste keer wat ‘n Amerikaanse leier die reg tot vrede en vryheid vir Palestina uitgespreek het. Die land skaar hom tradisioneel by Israel. Dr Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike Politieke Ontleder sê Biden se aanmerking is enorm.