Seldsame siekte roei Britse katte uit

Britse kenners is dronkgeslaan oor die honderde katte wat aan ‘n geheimsinnige siekte dood is. Dit hou vermoedelik verband met ‘n sekere soort katkos wat intussen aan die mark onttrek is. Minstens 330 katte is dood en nog honderde het kat-pansitopenie opgedoen. Volgens Britse media laat die siekte die diere se rooi- en witbloedselle en bloedplaatjies vinnig verminder. Die sterftesyfer is meer as 60 persent, maar veeartse glo die ware syfer is heelwat hoër.