AZ-entstof: 75 000 dosisse Sondag hier

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat die skenking van 75 000 dosisse AstraZeneca entstof Sondag in die land sal aankom. Tot op hede is daar net meer as 74 000 Namibiërs wat hulle eerste spuit ontvang het. Die interval tussen die twee spuite is normaalweg 12 weke maar navorsing wat deur Oxford-universiteit en Suid-Afrikaanse owerhede gedoen is toon dat immuniteit steeds verbeter teen die 15de week na die eerste spuit. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe het vroeër die week gesê dat die WGO van mening is dat selfs 18 weke na die eerste spuit voldoende is.