Dag-vyf van Dordabis-brand, 12 plase verwoes

Dit is die vyfde dag wat die verwoestende brand in die omgewing van Dordabis woed. Teen Donderdag oggend was agt plase reeds gebrand en teen vanoggend is dit 12. Die omtrek van die gebied om die Schaaprivier wat in puin gelê is, word op 200 kilometer geraam. Die NDF is reeds Woensdag na die gebied ontplooi en beide die NLU en die Khomas-streeksregering lewer ook bystand. Die Khomas-goewerneur Laura McLeod Katjirua het met die media gepraat.

Dag-vyf van Dordabis-brand, 12 plase verwoes