Seksuele geweld teen kinders wek groot kommer

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika is hartseer oor alle vorms van seksuele geweld teen kinders. Hy vra die howe om kwaai strawwe op te lê teen diegene wat hulle skuldig maak aan hierdie vergrype. Die kommissie se verklaring volg op die inhegtenisneming van ‘n polisiekonstabel op ‘n aanklag van verkragting na ‘n video op sosiale media toon hoe sy haar seun, wat toe tien was, seksueel afrig. Die woordvoerder van die kommissie, Javu Baloyi, sê artikel twee van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika bepaal elke kind het die reg om beskerm te word teen verwaarlosing, uitbuiting of vernedering: