Namfisa doen beroep dat onetiese praktyke aangemeld word

Namfisa, wat die toesighouende owerheid oor finansiële instansies is, doen ‘n beroep op lede van die publiek om onetiese sakepraktyke aan te meld. Die owerheid sê sou die gedrag by enige finansiële instansie wat banke uitsluit, voorkom, moet dit aangemeld word. Die bankwese word deur die Bank van Namibië gereguleer. Oortredings sluit diefstal, omkopery, bedrog, onmededingende gedrag, korrupsie, teistering, intimidasie en afpersing in. Daar is ‘n 24-uur tolvrye lyn, 0800 290 500.