Nog ‘n tier in Jozi, die keer in Edenvale…

Daar blyk om weer ‘n rondloper tier in Johannesburg te wees, die keer in Edenvale. Die dier is naby ‘n huis vasgevang op geslote-kring televisie. Die buurland se DBV het inwoners gemaan om binne te bly en nie probeer om naby die dier te kom nie. Die tier word op die oomblik in Cabot-straat in Eastleigh Ridge in Edenvale gesoek. Die nuus kom nadat die agt-jarige Sheba op 18 Januarie van kant gemaak is na sy die vorige Saterdag, op 14 Januarie ontsnap het by Walker’s Fruit Farms, ook in Johannesburg.