Seibeb kap Saara oor volksmoord

Die kwessie oor die volksmoord-ooreenkoms maak opspraak met Henny Seibeb van die LPM wat gister vir eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila n die Nasionale Vergadering geroskam het. Die Namibiese regering het in die spervuur gekom oor die manier hoe hulle die onderhandelingsproses hanteer het. Geraakte groepe sê hulle is nie geken in die proses nie en is bekommerd oor die uitkoms van die onderhandelinge. Seibeb het die eerste minister gevra vir meer duidelikheid oor slagoffers van die Damara- en San-gemeenskappe.