Wêreldvigsdag: Beëindig ongelykhede, beëindig vigs

Die Gautengse premier, David Makhura, sal vandag die provinsiale regering se Wêreldvigsdag-viering in Duduza, Ekurhuleni, lei. Die Suid-Afrikaanse tema is in lyn met die wêreldwye tema vir Wêreld-Vigsdag, naamlik “Beëindig ongelykhede. Beëindig vigs”. ‘n Woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Kwara Kekana, sê Makhura sal tydens die geleentheid bestekopname doen en die pad vorentoe aandui vir die 90-90-90-teiken.