Witrenosters suksesvol uit KwaZulu Natal na Rwanda verskuif

Die bewaringsorganisasie African Parks sê hulle is opgewonde oor die 30 witrenosters wat suksesvol na die Akagera Nasionale Park in Rwanda verskuif is. Die diere kom van die Phinda Privaat Wildreservaat in Kwazulu-Natal. ‘n Woordvoerder van Rwanda se ontwikkelingsraad, Ariella Kageruka, sê dit is die grootste renosterverskuiwing ooit en is moontlik gemaak deur fondse van die Howard G. Buffett-stigting. Die renosters sal daagliks gemonitor word deur ‘n span wat hulle aanpassing dophou.