SAUK-nuushoof pleit onskuldig op alle aanklagte

Die SAUK-nuushoof Phathiswa Magopeni, se tugverhoor het vandag begin. Magopeni word daarvan beskuldig dat sy die SAUK in oneer gebring het nadat ‘n episode van die Special Assignment-program, waarvan uitsending vroeër deur ‘n interdik verbied is, in November verkeerdelik uitgesaai is. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het versoek dat die dissiplinêre verhoor in die openbaar gehou word. Sy het onskuldig gepleit op alle aanklagte teen haar. Die SAUK se regsverteenwoordiger, Nthuthuzelo Vanara, sê die episode bevat ‘n onderhoud met ‘n bepaalde bron.