Stemproses by Ncamagoro stadig uit die blokke

Die stemproses het vanoggend stadig by die Ncamagoro-kiesafdeling se tussenverkiesing uit die blokke gekom. Ondanks die lae opkoms vanoggend, het kiesers teen die middag in groter getalle opgedaag. Die stembusse het betyds geopen en daar was geen groot uitdagings nie. Die meerderheid van die kiesers wat vroeg gestem het, is bejaarde persone. Lina Ndengu, die Verkiesingskommissie van Namibië, se kommunikasiebestuurder, gee verslag aan Kosmos 94.1 Nuus.