Tienduisende in Soedan vlug voor RSF

Tienduisende mense het uit hul huise in ‘n kamp in die Soedanese stad al-Fashir gevlug, ná ‘n klopjag deur Rapid Support Forces se paramilitêre magte wat veg om die laaste weermagvesting in die westelike Darfoer-streek te beset. RSF-troepe het die uitgestrekte Abu Shouk-kamp aangeval en geplunder, ‘n onbekende aantal mense doodgemaak en minstens 13 gewond. Ongeveer 60 persent van die meer as 100 000 inwoners het gevlug, volgens die Koördineringskomitee vir Vlugtelinge en Ontheemdes, wat toesig hou oor kampe in die streek. Gevegte duur voort in ander dele van Al-Fashir.