Buitelanders in Rusland moet elke drie maande ‘n gesondheidsondersoek ondergaan

Die Kremlin het nuwe wetgewing verdedig wat van buitelanders in Rusland vereis om elke drie maande ‘n gesondheidsondersoek te ondergaan. Die sakegemeenskap is ongelukkig oor dié plan. Die wet, wat volgende maand in werking sal tree, sal van buitelanders wat vir langer as drie maande in Rusland is, verwag om ‘n lys mediese toetse te slaag, insluitend MIV, sifilis, tuberkulose, melaatsheid, dwelms en Covid-19. Hulle sal ook hul vingerafdrukke en bio-metriese data aan die owerhede moet verskaf. Die enigste persone wat vrygestel is van die nuwe regulasies is diplomate, burgers van Belarus en kinders jonger as ses jaar.