VF Plus takel Unisa by Openbare Beskermer

Die Vryheidsfront Plus het namens ‘n werknemer van Unisa ‘n klagte by die Openbare Beskermer ingedien, weens voortgesette ongerymdhede by die instelling. Hierdie spesifieke saak handel oor ‘n oënskynlik onwettige aanstelling. Die betrokke aanstelling handel oor ‘n werknemer wat afgetree het, maar daarna weer aangestel is vir ‘n kontraktermyn van 12 maande. ‘n Woordvoerder van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê hulle het geskrewe vrae oor die aangeleentheid aan die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, gestuur.