Namibië, Indonesië kyk na samewerking in landbou

Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende direkteur van die landbouministerie, en tegniese lede van die ministerie het die Universiteit van Gadjah Mada in Yogyakarta in Indonesië besoek. Dit het gebeur op die kantlyn van die 10de Wêreldwaterforum in Bali. Samesprekings tussen die landbouministerie en sy eweknie in Indonesië is in ‘n gevorderde stadium om ‘n memorandum van verstandhouding oor landbou te onderteken. Dit sal onder meer saadontwikkeling en diere-entstowwe insluit. Nghituwamata het gepraat oor die gebrek aan klimaatspesifieke sade in Namibië.