Tsjad-president Mahamat Idriss Deby ingehuldig

Die president van Tsjad, Mahamat Idriss Deby is ingehuldig na ‘n hewig-betwisde verkiesing. Deby, wat die afgelope drie jaar Tsjad se junta lei, het 61-persent van die stemme gekry. Hy volg sy pa, Idriss Deby Itno op, wat deur rebelle vermoor is na 30 jaar aan bewind. Dit beëindig drie jaar van militêre regering in Tsjad, wat ‘n sleutelspeler is in die stryd teen jihadisme in Afrika se Sahel-streek.