Verdagte vang glo springbok in tipe slagyster

‘n Man wat na bewering ‘n springbok in ‘n tipe slagyster gevang het, is in die Oshana-streek in hegtenis geneem. NamPol se hoof van gemeenskapspolisiëring in die streek, hoofinspekteur Thomas Aiyambo, sê die verdagte is in die Ovenduka-dorpie aangekeer deur beamptes van die omgewing-ministerie. Hy het die karkas van die springbok by hom gehad. Die verdagte staar aanklagte van die jag van jagbare wild sonder ‘n permit in die gesig; asook die vang en doodmaak van wild sonder ‘n permit, en die besit van wildsvleis wat vermoed word dat dit sonder ‘n permit gejag is.