Strooimeisies sukkel met skuld

Sommige vroue sê dat hulle skuld moet maak as gevolg van strooimeisie-pligte. Van rokke, hennepartytjies, tot en met die troudag self, kan uitgawes vinnig en dramaties opstapel. Vir baie strooimeisies eis die toenemend buitensporige feestelikhede ‘n groot finansiële tol en dompel hulle in die skuld.

Volgens The Knot is die gemiddelde uitgawes van ‘n strooimeisie sowat N$36 000. Dit sluit in N$20 000 vir die hennepartytjie, sowat N$7 000 vir die trou- en ander geskenke, N$4 000 vir hare en grimering op die groot dag, en N$5 000 vir die rok.

Hier is ‘n paar wenke van die kundiges oor hoe om strooimeisie-stres rondom uitgawes te vermy:

Sommige strooimeisies sê hulle sit duisende dollars van trou-verwante uitgawes op hul kredietkaarte, bo en behalwe ander skuld soos studielenings of mediese rekeninge. Dit kan blywende finansiële moeilikheid skep vir mense. Finansiële advies-rubriekskrywer Charlotte Coles sê wees vooraf eerlik met die bruid oor jou finansiële situasie. Oorweeg ‘n groepgeskenk of onttrek beleefd van geleenthede soos die hennepartytjie. Dit is altyd goed om te sê, kyk, ek wil jou regtig ondersteun op ander maniere, en ek gee om vir jou, en ek is lief vir jou as ‘n vriend, maar finansieel kan ek dit net nie bybring nie.

Foto: Verskaf

En as jy die bruid is, wees realisties met jou span. Gee ‘n duidelike begroting vir hulle op dieselfde manier as wat jy vir die res van jou trou-onkoste sou doen.

Die sleutel is om vooraf te beplan. Sodra jy daardie uitnodiging kry om strooimeisie te wees, begin elke maand geld opsy sit. Dit gaan baie makliker wees om elke jaar N$500 per maand opsy te sit as om duisende dollars te betaal nader aan die troudatum.

As jy jou strooimeisie-uitgawes op jou kredietkaart moet sit, dan is dit belangrik om te probeer om altyd te onthou om enige hoë-rente skuld eerste af te betaal. En wanneer jy kan, meer te betaal as jou minimum balans.

En wat is van die maklikste manier om geld te spaar vir die troue? Jag vir winskopies. As jy ‘n rok moet laat maak, doen dit ten minste sewe maande voor die troue. Dit gaan jou help om ekstra koste vir haas, en vir versending te vermy, of enige soortgelyke kleremaakfooie wat jy moontlik sal moet betaal wanneer jy te lank wag.

As jy die bruid is, hou in gedagte daar is verskillende opsies binne handelsmerke en die tema van jou troue. Soms is die alternatief die helfte van die prys! So as jy na opsies kyk, bekyk hulle mooi, van naby.

Die ander ding wat jy absoluut in gedagte moet hou, is om van die begin af oop en duidelik oor jou verwagtinge van jou strooimeisies te wees. Daar moenie plek vir enige verrassings rondom moontlike uitgawes wees nie.

Hou hierdie goedjies in gedagte en dit gaan help seker maak dat jy pret het en dat jou strooimeisies ook jou mooiste dag geniet.