Samwu vra oor brandstoftekorte in Tshwane se munisipale vloot

Die vakbond vir plaaslike regering, Samwu, in die Stad Tshwane wil hê amptenare wat nagelaat het om betyds brandstof vir die munisipale vloot te bekom, moet voor stok gekry word. Busse kan nie ry nie weens ‘n tekort aan brandstof. Die vakbond het ook sy kommer uitgespreek dat die tekort aan diesel ook ander departemente kan benadeel, insluitend Tshwane se Metropolisie-departement. Intussen sê die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, daar was ‘n logistieke fout wat gelei het tot die onbestendige beskikbaarheid van brandstof.