Bier- en koeldrankproduksie styg in tweede kwartaal

Die indeks vir die produksie van bier en moutdranke het in die tweede kwartaal van 2022 tot 133,3 basispunte toegeneem, vergeleke met 124,8 basispunte wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2021 aangeteken is. Dit kom neer op ‘n jaarlikse inflasiekoers van 6,8 persent in die prys van bier vergeleke met 4,9 persent wat in dieselfde kwartaal van verlede jaar verkry is. Die vervaardiging van koeldrank en gebottelde water het toegeneem tot 125,3 basispunte vergeleke met 115,4 basispunte wat in 2021 geregistreer is. Die jaarlikse inflasiekoers vir hierdie kategorie het op 8,6 persent gestaan teenoor dié van 4,6 persent wat in die tweede kwartaal van 2021 aangeteken is.