Samherji slaan terug met senior advokaat se aanstelling

Die Yslandse vismaatskappy Samherji het volgens plaaslike media die senior Britse advokaat Lord Edward Garnier aangestel om te keer dat sy drie hoofde, Ingvar Juliusson, Egill Arnason en Adalsteinn Helgason na Namibië toe uitgelewer word. Al drie het volgens die aanklaer-generaal Martha Imalwa hand gehad in die maatskappy se bedrywighede in Namibië. Samherji word plaaslik van omkopery en korrupsie ter waarde van 3 miljard Namibiese dollar aangekla. Imalwa soek ‘n beperkingsbevel om enige ooreenkomste op die eiendom van die maatskappy te verhoed. Volgens Garnier kan sy nie die bevel bekom nie omdat sy nog nie suksesvol was om die drie hoofde aan te kla nie.