Kelly is die ergste misdadiger ooit – prokureur

Die nuus dat die R& B-superster R. Kelly skuldig bevind is aan onder andere afpersing en sekshandel in sy seksuele mishandelingsverhoor in New York het gemengde reaksie uitgelok. ‘n Senior prokureur wat van Kelly se slagoffers verteenwoordig het, Gloria Alfred sê van al die seksuele uitbuiters wat sy al gedagvaar het, is Kelly die ergste…

Die 54-jarige Kelly sal eers op 4 Mei volgende jaar gevonnis word en daar word verwag hy sal 50 jaar tronkstraf ontvang.