SAKP verwelkom inhegtenisname van Estina-verdagtes

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party in die Vrystaat het die inhegtenisneming van voormalige senior administrateurs van die departement van Landbou en ‘n sakepersoon wat met die Estina-suiwelprojek in Vrede verbind word, verwelkom. Die SAKP het weereens hul steun toegesê aan wetstoepassers en hul teen-korrupsie pogings. Die provinsiale sekretaris van die SAKP, Bhekie Stofile, het ‘n beroep op diegene wat aangekeer is, gedoen om saam met wetstoepassers te werk.