Gauteng bring dienste nader aan mense

Gauteng se LUR vir finansies en e-Regering, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal ekonomiese geleenthede en vaardigheidsontwikkeling in inligting- en kommunikasietegnologie na jongmense Cosmo City neem. Die LUR se besoek is deel van ‘n uitreikingsprogram in verskeie streke in die provinsie om regeringsdienste nader aan die mense te bring. Nkomo-Ralehoko sê dit sal hulle toerus met mensgerigte vaardighede en tekorte aan vaardighede bekamp.