Sakkari haal WTS-eindtoernooi

Die Tsjeggiese speler Karolina Pliskova kom vandag teen Anet Kontaveit van Estland te staan in die enkelspel van die WTA -eindtoernooi in Guadalajara, Mexiko. Pliskova is tans die vierde beste in die wêreld en Kontaveit agtste. Maria Sakkari het Iga Swiatek van Pole gisteraand in net 86 minute met 6-2, 6-4 afgeransel. Sakkari het vroeër die eerste Griekse vrou geword wat vir die jaareindtoernooi kon kwalifiseer. Sy het ook vanjaar Swiatek as verdedigende kampioen in die Franse Ope geklop en daarmee haar eerste Grand Slam-halfeindstryd gehaal.