NamWater spreek wateronderbrekings in die Noorde aan

NamWater sê die watervoorsiening uitdagings in die Noorde is aangespreek. Volgens die maatskappy is die redes vir die verskeie onderbrekings in die Oshana-, Oshikoto- en Ohangwena-streke as gevolg van verouderde infrastruktuur, die kapasiteit van die reinigingsfasiliteite, vandalisme en kragonderbrekings. NamWater sê die vraag na water in die Noorde oorskry sy kapasiteit vir voorsiening en verskeie planne is reeds in plek om die uitdaging aan te spreek. Aanlegte sal uitgebrei word en die kanaal word ook skoongemaak om die vloei van water te vergemaklik. Kragopwekkers is ook in plek indien daar ‘n kragonderbreking is. Instandhoudingswerk duur voort.