Sakeredding Taakmag se voorstelle, wat in April ingedien is, is aanvaar

Die Namibiese kabinet het die voorstelle wat in April deur die Sakeredding Taakmaag aan President Hage Geingob oorhandig is, aanvaar. Die taakmag is deur Geingob in Julie verlede jaar vir ‘n periode van agt maande aangestel om voorstelle vir ekonomiese groei te ontwikkel. Die voorsitter van die taakmag, Thinus Prinsloo van die Capricorn-groep, het melding gemaak van verskeie aspekte, waarvan buitelandse belegging uiters belangrik is.