SA-vakbond sê sekerheidswagte gaan staak

Die Suid-Afrikaanse vakbond Kungwini sê ‘n half-miljoen privaat sekerheidswerkers kan in September begin staak ná ‘n dooiepunt bereik is in salarisonderhandelings. Vakbonde eis dat werkgewers verhogings van 16,14 persent moet instel in die eerste jaar, 14,12 persent in die tweede jaar en 12,37 persent in die derde jaar. Die vakbond eis ook dat die Privaat Sekerheidsektor se Voorsorgfonds-bydraes nie binne die volgende drie jaar met meer as 7,5 persent moet styg nie. Werkgewers bied egter verhogings van sowat 5 persent aan.