Brandstof-smokkelary – dis die poreuse grens

Die smokkelary van onwettige brandstof in die Noorde het skerp toegeneem en die ministerie van myne en energie is baie bekommerd. Daar word berig dat die brandstof, wat helfte die prys van Namibiese brandstof kos, veroorsaak dat talle vulstasie-eienaars genoodsaak is om hul deur te sluit of, hulle staan op die randjie van bankrotskap. Die ministerie se woordvoerder Andreas Simon sê dit handel glad nie oor die huidige brandstofprys nie, die probleem lê by die grens wat uiters poreus is.