Sakeman: Konferensie in Ghana gaan sakke ruk

‘n Bekende sakeman het sy reaksie gegee op die Namibiese afvaardiging onder leiding van die handelsminister Lucia Iipumbu wat die 53ste jaarvergadering van die Wêreld Handelsentrum-vereniging sal bywoon. Dit vind vanjaar vir die eerste keer in Sub-Sahara Afrika in Ghana se hoofstad Accra vanaf 21 tot 28 April plaas. Volgens die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid sal daar ‘n uitstalling wees om Namibiese produkte ten toon te stel. Afgevaardigdes sal ook die geleentheid hê om deel te neem aan sake-vergaderings, maatskappy-besoeke en netwerk-dinees. Die uitvoerende hoof van die Black Business Leaders Network Elifas Simon sê aan Kosmos 94.1 Nuus belangstellendes sal hul sakke moet skud.