Duisende dooie visse dryf in Hartbeespoortdam

Die Hartbeespoort Optimum Visserye en Navorsing het kommer uitgespreek oor die duisende dooie visse in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Die dooi visse dryf vanaf Dinsdag naby Ifafi by die watersportklub. Die departement van water en sanitasie en die Sefako Makgatho Gesondheidwetenskap-universiteit het ‘n ondersoek van stapel gestuur. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê ‘n gebrek aan suurstof, vis-oorbevolking en swak gehalte water wat die dam invloei, is glo redes vir die vrektes.