Numsa verkla Ford by KBVA  

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie genader na bewerings van seksuele teistering by die Ford-motormaatskappy van Suider-Afrika. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond veroordeel die wyse waarop Ford die saak hanteer het van ‘n proses-opleier wat ʼn werker na bewering geteister het. Hlubi-Majola sê so ‘n saak kan nie ligtelik opgeneem word nie en ernstige gevolge is onvermydelik.