Saftu sê R350 is nie genoeg nie

Die buurland se vakbond Saftu het sy verwerping van die Armoedeverligtingstoelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand herbeklemtoon. In sy rede met die afsluiting van die Nasionale Uitvoerende Komitee se lekgotla Sondag, het die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, gesê die toelaag het ‘n groot, positiewe impak op armes se lewens gehad, en veral op dié van werkloses. Hy het egter bygevoeg die regering ondersoek die lewensvatbaarheid en bekostigbaarheid van die toelaag wat nog net tot Maart betaal word. Trevor Shaku van Saftu sê 350 rand is nie genoeg om vir die uitwerking van werkloosheid te vergoed nie.