Vervalste geld wek kommer onder Erongo-owerhede

Sake-ondernemings in Namibië is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vervalste Namibiese en Amerikaanse banknote wat in die Erongo-streek in omloop is. Dit volg op die inhegtenisneming van ‘n man wat by ‘n gastehuis in Usakos met vervalste dollarnote, papier en ‘n masjien betrap is. Nog vier Namibiese verdagtes is in ‘n opvolg-operasie in hegtenis geneem wat daarop dui dat ‘n sindikaat moontlik betrokke is. Die verdagtes sal môre in die landdroshof op Usakos verskyn. Andreas Nelumbu, Erongo se streekskommissaris, sê daar is moontlik bedrwyighede in ander dele van die streek en die publiek moet op hulle hoede wees.