Krieketnuus: Warner en Marsh rus

Australië se aanvangskolwer David Warner en die veelsydige Mitchell Marsh rus tans uit vir die toer na Pakistan in Maart en is nie ingesluit by volgende maand se internasionale T20-reeks van vyf wedstryde na Sri Lanka nie. Josh Hazlewood keer terug na die span nadat hy weens ‘n sy-besering die laaste vier toetse in die reeks om die As misgeloop het. Pat Cummins, Steve Smith, Travis Head en Mitchell Starc is ingesluit by die groep van 16 wat teen Sri Lanka gaan speel. Aaron Finch sal Australië in die reeks aanvoer.