SACU bespreek metodes om selfvoorsienend te word

Die leiers van die Suider-Afrika Doeane-unie het pogings bespreek om meer selfvoorsienend te word wat voedselsekerheid betref. Dit kom te midde van stygende voedselpryse in die streek as gevolg van die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Die lidlande Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië and eSwatini het handelsverwante sake bespreek tydens ‘n spitsberaad in Gaborone. President Cyril Ramaphosa sê die vier lande sal saamwerk aan sleutel-planne om die uitwerking van die oorlog in Oekraïne op die streek te beperk: