Oekraïnse graan: Turkye tree in

Turkye sal met Russiese, Oekraïnse en Verenigde Nasies-amptenare samesprekings hou wat daarop gemik is om die uitvoer van graan te hervat wat tans in Swartsee-hawens vassit. Die beplande vergadering in Istanbul sal voorafgegaan word deur ‘n besoek aan Moskou hierdie week deur ‘n Turkse verdediging afvaardiging om besonderhede van ‘n moontlike veilige see korridor in die Swart See te bespreek. Russiese magte het gister die belangrike Snake Island, wat die roete na Oekraïne se Odesa-hawe beheer, ontruim. Miljoene ton koring en ander grane sit tans vas in Oekraïnse hawens. Die Turkse President Recep Tayyip Erdogan en die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sal deel vorm van die samesprekings. Die uitvoerende hoof van die Wêreldvoedselprogram David Beasley sê ‘n voedselkrisis is op pad.

En Guterres sê alternatiewe roetes sal nie vinnig genoeg ‘n oplossing bring nie.