Polisie maak egpaar wat op lodge sterf, se name bekend

Die familie van ‘n egpaar wat Woensdagaand dood is in ‘n brand by We Kebi Safari Lodge naby Maltahöhe wou laat Donderdagaand nie bevestiging van hul name gee nie omdat die polisie-ondersoek skynbaar nog aan die gang is maar, nou berig plaaslike media dat Isak Engelbrecht, 76, en sy vrou Anna, 72, die oorledenes is. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga het bevestig dat die naasbestaandes reeds ingelig is maar, dat ‘n ondersoek wel gelas is. Die egpaar het volgens berigte die lodge met nog ‘n egpaar besoek. Hulle het personeel gevra om ‘n kaggelvuur in hul kamer te maak en die grasdak het aan die brand geslaan. Hulle is in hul kamer oorval.