SA wolbedryf sê Chinese verbod is onregverdigbaar

Agri SA en die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die verbod op die uitvoer van wol na China weens die uitbreking van bek-en-klouseer in sekere dele van die land. Sedert die verbod in April vanjaar aangekondig is, het die Suid-Afrikaanse wolbedryf ‘n beraamde 734 miljoen Suid-Afrikaanse rand in woluitvoer na China verloor. Die organisasie sê die onregverdigbare verbod bedreig ook die lewensbestaan van die 35 000 werkers in die bedryf en dié van 4 500 seisoen-skaapskeerders en -wolklassers.