Stad Whk het kommer oor toenemende elektrisiteitsdiefstal

Die Stad Windhoek is bekommerd oor die groeiende neiging van elektrisiteitsdiefstal, wat ‘n ernstige kriminele oortreding en ‘n groot risiko is. In Julie is ses mense uit verskillende huishoudings deur die Windhoek Stadspolisie in hegtenis geneem, omdat hulle hul elektrisiteitstoevoer onwettig gekoppel het, nadat dit weens wanbetaling ontkoppel is. Ingevolge die Elektrisiteitswet van 2007 is dit ‘n ernstige oortreding en strafbaar met ‘n boete van tot 16 000 Namibiese dollar, of tronkstraf van tot twee jaar, of albei. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, rig ‘n waarskuwing aan die publiek.