Kansas stem vir grondwetlike reg tot aborsie

In ‘n groot oorwinning vir pro-keuse-groepe het kiesers in die Amerikaanse staat Kansas met ‘n oorweldigende meerderheid gestem dat aborsieregte in die staat se Grondwet verskans bly. Dit volg twee maande nadat die Hooggeregshof die saak van Roe versus Wade omgekeer het wat in 1973 beslis het dat aborsies landwyd gewettig word. Volgens berigte toon projeksies meer as 60 persent van die staat se inwoners het ten gunste van vroue se reg op toegang tot aborsies gestem. Amerika se President Joe Biden sê hierdie uitslag toon die meeste Amerikaners stem saam dat vroue moet toegang hê tot aborsies en hulle eie gesondheidsbesluite moet neem.