SA werkloosheidsyfer styg tot 34,4 persent

Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat die land se amptelike werkloosheidsyfer met 1,8 persentasiepunte geklim het. Dit beteken nog 54 000 mense het hulle werk verloor. Die kwartaallikse arbeidsmag-aanwyser toon die syfer het in die tweede kwartaal tot 34,4 persent gestyg vergeleke met die eerste kwartaal. Die direkteur, Dihlolelo Phoshoko, sê dit beteken daar is tans 7,8 miljoen werklose mense in Suid-Afrika.