SA boubedryf het hoogste werkverskaffingsyfer in tweede kwartaal

Die boubedryf in Suid-Afrika het in die tweede kwartaal vanjaar die hoogste werkverskaffingsyfer gehad. Statistieke Suid-Afrika het die kwartaallikse arbeidsmagaanwyser bekend gemaak en onthul dat die land se werkloosheidsyfer tot 34,4 persent gestyg het. SSA se woordvoerder, Dihlolelo Phosholo, sê die grootste toename in werkloosheid was in die finansiële sektor.