SA-vragmotorbestuurders staak vandag

Die All Truck Drivers Forum and Allied South Africa-groep het hulle planne vir ‘n landwye afsluiting vandag oor die indiensneming van buitelanders in die bedryf bevestig. Die beweging eis die onmiddellike verwydering van alle buitelandse vragmotorbestuurders uit die vragvervoerbedryf in Suid-Afrika. Die woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Kwanele Ncalane, sê wetstoepassingsagentskappe, insluitend die Nasionale Weermag is langs die belangrike N3-hoofweg ontplooi. Ncalane sê dreigemente van geweld en intimidasie kan die ekonomie skaad en sal nie geduld word nie.