Oekraïne slaag daarin om aanloopbaan te behou

Die Oekraïnse weermag, saam met burgerlikes, het tot op hede daarin geslaag om die Russe uit Kiëf te hou. Volgens berigte het Russiese magte ook gepoog om ‘n aanloopbaan by Miropol suidwes van Kiëf oor te neem maar kon nie daarin slaag nie. ‘n Oliebergingsaanleg is wel daar aangeval laat gisteraand. Die verdediging van die aanloopbaan word as uiters belangrik beskou omdat Rusland dit wou gebruik om troepe en wapens in te bring. Intussen is daar berigte dat die Russiese nuusagentskap TASS berig het dat meer as 3 500 Russiese soldate of doodgeskiet is of gevangene geneem is maar, die artikel is kort na plasing verwyder.