Nam-diplomate op pad na Pole om studente by te staan

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge sê afgevaardigdes van die Namibiese ambassade in Duitsland is op pad na die Namibiese konsulaat in Pole om Namibiese studente by te staan. Volgens die ministerie is kontak reeds met Poolse owerhede gemaak om die Namibiërs in die land toe te laat en toestemming is bekom. ‘n WhatsApp-groep is reeds gestig en studente moet Namibiese owerhede inlig wanneer hulle in die land aangekom het. Pole het, volgens berigte, buitelanders net 15 dae gegee om in die land te wees en Namibiese owerhede sal die studente repatrieer. Daar is 92 studente in die Oekraïne. Die ministerie werk ook nou saam met die ambassade in Rusland.