SA vra vir dringende oopstel van humanitêre deurgangsroete in Oekraïne

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê al het Suid-Afrika ‘n nie-verbonde benadering, vra hy vir die dringende oopstel van humanitêre deurgangsroetes wat kan help om hulp te verskaf aan die mense van Oekraïne. Sy het op ‘n nuuskonferensie gesê Suid-Afrika glo daar moet konsekwentheid in die internasionale gemeenskap wees wat die Rusland-Oekraïne-oorlog betref. Pandor sê Suid-Afrika sal voortgaan om vreedsame oplossings te bevorder.